News

Die man wat Middies na die beloofde land moet lei is aangestel

HTS Middelburg ontken hy werf spelers vir 2026 seisoen.

’n Oud Vrystater, Christiaan Gouws, is die skool se nuwe rugbyhoof.

Met Middies wat volgende jaar in die uitdagende bekerafdeling meeding, sal dit sy taak wees om die skool se spanne  gereed te kry.

Gouws het in Bethelehem grootgeword en sy hoërskoolloopbaan aan Gery College in Bloemfontein voltooi.

Hy het twee dogters en ’n seun en is getroud met Carlen.

Skole waar hy voorheen gewerk het is  Bethelehem Voortrekker,  Marlow op Cradock, Oos Moot in Pretoria en Noordheuwel in Johannesburg voordat hy by Hoërskool Helpmekaar geëindig het.

Hy begin in Januarie in sy pos met die Noordvaal bekerafdeling wat op 18 April afskop.

Om in die bekerafdeling mee te ding is geen maklike  taak nie.

Christiaan Gouws. Foto: Verskaf.

Vra maar vir Nelspruit wat swaar gekry het die seisoen en weer afgeskuif is na die Plaat-afdeling.

In die eerste plek het Hoërskool Middelburg nie die getalle van byvoorbeeld ’n Monument en Waterklooof nie.

Die meeste van die skole het ook ’n aggressiewe werwingsplan.

Dit is niks snaaks dat talle belowende plattelandse seuns vinnig deur groter stadskole opgeraap word nie.

Natuurlik ontken skole dit.

Was self getuie van ’n belowende skrumskakel op Tzaneen wat tydens ’n rugbydag raakgesien is deur ’n beampte van ’n groot rugby-unie.

Die volgende week het hy sy loopbaan in Pretoria voortgesit.

Skole van Bloemfontein, Johannesburg, Paarl en Pretoria doen mildelik inkopies, ook op Middelburg.

’n Skermskoot van HTS se versoek vir spelers. Foto: Verskaf.

Plaaslike skole het nie ’n aggressiewe identifiseringsplan met ’n talentidentifiseerder nie.

Hoërskool Middelburg en HTS Middelburg het egter genoeg om te bied vir belowende rugbyspelers om in ’n vrye plattelandse atmosfeer, nie net hier rugby te speel nie, maar ’n suksesvolle loopbaan te bou.

HTS Middelburg het intussen ontken dat hulle besig is om spelers te werf.

’n Advertensie sirkuleer op sosiale media in Engels wat vra dat talentvolle spelers hulle CV’s na die skool stuur.

Dit is insiggewend dat die advertensie juis in Engels is

Daar is egter later bevestig dat  “die blad deur ’n ouer van die skool  bedryf word.”

Die e-posadres waarheen die kandidate hulle CV’s moet stuur is HTS Middelburg rugby.

Die bekerafdeling bestaan uit: Hoërskool Middelburg, Monument, Garsfontein, Waterkloof, Rustenburg, Noordheuwel, Helpmekaar, EG Jansen, Menlopark.

Plaat-afdeling: HTS Middelburg, Nelspruit, Kempton Park, Montana, Klerksdorp, Oos-Moot, Transvalia, Wesvalia, Zwartkop,

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button