News

Wanneer jou fiets sê ‘ons is nie meer maatjies nie’

Care Riders en VlokSkop in hewige kilometer stryd.

Wanneer jy in die oggend opstaan om fiets te ry en hy gee jou een kyk met: “ag nee is dit alweer jy?” dan het jy genoeg gery.

Lede van Middelburg se Care Riders het hulle sitvlakke behoorlik deugery in die Munga-uitdaag.

So erg dat sommige opslag besluit het daar gaan eers vir ’n paar dae van die saal af weggebly word.

Maar kan jy ’n fietsryer glo?

Die groot trap is natuurlik deel van die Munga-uitdaag tussen die Care Riders, VlokSkopstigting en die span van Toks en Tjops.

Die uitdaag is tot Saterdag verleng nadat dit more sou eindig.

Die drie spanne neem vir liefdadigheid deel aan die Munga bergfiets wedren vanaf Bloemfontein na die Wes-Kaap oor 1200 kilometer later die jaar.

Care Riders vir die Middelburg Care Village se behoeftes.

So staan sake tans.

Om voor te berei het die spanne, gelei deur Andre Brandmuller van die Care Riders, Vlok Cilliers van die VlokSkopstigting en Breyton Paulse se Toks en Tjops, mekaar uitgedaag om die meeste kilometer per span voor einde September af te lê.

Cilliers en sy spanmaats was by wyse van spreke aanvanklik stewig en die saal.

’n Dorp, wat al aangewys is as die beste in die land, ’n Springbok rugbyspeler opgelewer het, ’n Comrades wenner en vele ander kampioene, is nooit tevrede met ’n tweede plek nie.

So ernstig het die Middelburgers meegeding dat hulle Saterdag na die fiets fiesta uitgery het op die Loskopdampad, deelgeneem en daarna weer teruggery het.

Vanaf 18 Augustus tot 28 September het Paulse se span  2642 afgelê, Cilliers en sy spanmaats 13 204  en die Care Riders 16 341.

Vlokskop is net-net voor gemiddeld per ryer vir die tydperk met 1200km, gevolg deur die Care Riders met 1167.

Verlede week het die Middelburgers gemiddeld 257km per ryer voltooi en VlokSkop  216km.

Die Care Riders het ’n allemintige 3595km verlede week voltooi en VlokSkop 2591km.

Toks en Tjops tjop af met net 365km.

Het Paulse intussen ’n geheime wapen ingevoer word nou gevra.

Die Toks en Tjops span se beste ryer was ene Magda Nieuwoudt. Is sy nie die top driekamp atleet en voormalige onnie van Hoërskool Middelburg nie?

Met nog net vier dae oor kan enigiets gebeur.

Gaan Cilliers sy Franse flair uithaal of gaan daar nog ’n Johan Moller wees wat verlede week alleen 501km vir die Care Riders afgetrap het?

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Check Also
Close
Back to top button