Die Union Jack word voor die landdroskantoor gehys
Vredessamesprekings deur professor Fransjohan by simposium bespreek
Op Vrydag 27 Julie 1900 word Middelburg tydens die Anglo-Boereoorlog (1899 tot 1902) deur die Britse Magte ingeneem.
Die dorp word deur die waarnemende landdros aan die Britse bevelvoerder oorhandig.

Volgens die Middelburg Erfenisvereniging se bloubordjie-inligtingstuk het die Boeremagte stelselmatig teruggeval in ’n oostelike rigting na die val van Pretoria op 5 Junie 1900.
Die Oosterspoorlyn vorm die sentrale deel van van Lord Roberts se enorme mag se opmars na die volgende hoofsentrum, Middelburg.
Na ’n skermutseling op 24 Julie 1900 by die Groot Olifantsrivier, val die Boere terug deur Middelburg na Belfast
Die regering se besluit om Middelburg nie te verdedig nie en in afwagting van die oorname deur die Britte, het tot gevolg dat die Biersaal-hospitaal in Middelburg se pasiënte op 25 Julie 1900 ontruim en per hospitaaltrein na Waterval-Onder afgevoer word. Dit was waarskynlik op die laaste NZASM-treine wat uit die stasie vertrek het.
Ds Alewyn Burger, NG –leraar van Middelburg, beskryf hoe hy net betyds uit die dorp kon vlug voor die inname.
Ds Burger beskryf ook dat daar verskeie joiners, as Britse spioene, in die dorp was voor die inname.
Op Vrydag 27 Julie 1900 beset die die Britse magte van majoor JDP French’s Cavalry Division en majoor generaal ETH Hutton as 1ste Mounted Infantry Division die dorp.
Die hoofpad het daardie tyd suid van die spoorlyn geloop en die spoor by die bopunt van die huidige Walter Suisulustraat(oorkant die hospitaal) oorgesteek.
Die berede magte het waarskynlik eerste langs die roete inbeweeg en afbeweeg in die huidige Walter Sisulistraat om die Witkerk tot voor die landdroskantoor, wat deesdae die hooggeregshof huisves.

Hier het waarnemende landdros Van Woudenberg die dorp aan die bevelvoerder oorhandig.
Die Union Jack is hierna gehys.
Foto’s wys marsjererende kolonne van twee regimente infanterie wat daarna die spoor oorgesteek en die dorp inbeweeg het.

- Op 28 Februarie 1901 is vredessamesprekings op Middelburg gehou.
Op Dinsdag 14 Oktober, vanaf 9:00 tot 10:00, sal professor Fransjohan Pretorius oor die samesprekings praat by die Erfenisvereniging van Suid-Afrika se 24ste simposium wat by die Middelburg Buiteklub aangebied word.
Vir meer inligting of om die simposium by te woon, skakel die Middelburg Erfenisverenigimng se sekretaresse, Soekie Rossouw, by 082 922 7498.
