News

Alzheimers steel nie liefde vir sy vrou, wou voor sy dood weer met haar trou

Frikkie het sy vrou só lief gehad dat hy ’n vierde keer met haar wou trou.

‘En die grootste hiervan is die liefde!’

Frikkie Grobler het sy vrou liefgehad soos 1 Korinthiërs 13 beskryf ons moet liefhê.

Nie eers Alzheimers het Frikkie (86) se besondere liefde vir sy vrou, Janie, laat verdwyn nie en het hy kort voor sy dood haar weer ’n keer gevra om te trou.

Oom Frikkie is Sondag in die Life Midmed Hospitaal aan natuurlike oorsake oorlede.

Sy besondere band met sy vrou, Janie, sal hul kinders vir altyd in hul harte koester.

Sy dogter, Mathisa, het vanoggend die spesiale liefdesverhaal van haar pa en ma Janie, vertel.

Die paartjie het op 12 September hul 61ste huweliksherdenking gevier, maar eintlik was die tweetjies in totaal drie keer getroud!

Frikkie en Janie Grobler is op 12 September 1964 getroud. Foto: Verskaf.
Op hul 25ste huweliksherdenking is Frikkie en Janie Grobler weer getroud.. Foto: Verskaf.

In die jaar wat hulle hul 25ste huweliksherdenking gevier het, het Janie besluit hulle gaan wéér bruilof vier. Janie het selfs ’n spoggerige hoed gekry vir hul troue.

Toe hy Alzheimers kry op ‘n bejaarde ouderdom het hy oor en oor verlief geraak op sy vrou en het haar weer gevra om te trou. Op 3 Junie 2022 is hulle weer getroud. “My pa het my ma onlangs weer gevra om te trou, maar sy gesê dat hulle nou genoeg kere getroud is,” onthou Mathisa met ’n glimlag.

Die Grobler egpaar was vroeër jare welbekend op Groblersdal waar oom Frikkie vir 35 jaar op die plaas Rooikraal geboer het. Hy het ook vir 40 jaar by Transvaal Alloys gewerk.

Hulle het in 2003 na Middelburg verhuis.

Sy gesin het hom beskryf as ’n Godvresende, opregte, hardwerkende en regverdige man. Hy was ook ’n groot Blou Bul ondersteuner.

Hulle onthou verder hoe ’n groot liefde hy gehad het vir brahman beeste, “want hulle het dieselfde temperament gehad, maar  met ‘n hart van goud. Ons pa was ’n geliefde eggenoot, Vader, oupa, broer en vriend.”

Oom Frikkie word oorleef deur tannie Janie, vier kinders, agt kleinkinders en twee agterkleinkidners.

Die begrafnis is Vrydag (more) om 14:00 uit die APKerk in Kanonkop.

  • “Ons wil graag baie dankie sê aan ons moeder vir haar liefde vir ons Vader die afgelope 61 jaar.” Hulle bedank ook familie en vriende vir hul ondersteuning.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button