Die Puma o/21 span was nog besig om sy reuse oorwinning van 102-5 die naweek oor die Limpopo Blou Bulle te vier, toe hy sy tasse moes pak om die Griffons in Welkom aan te durf in die Skild halfeindstryd.
Afskop is om 14:00 in die DTI Stadion.
Die Griffons is bo aan die punteleer in die noordelike afdeling, nadat hulle die Pumas vroeër die jaar met 48-31 geklop het.
Boland pak Grens in die suidelike afdeling se halfeindstryd.
Pumas: Divan Spangenberg, Lian Jordaan, Tyran Moolman, Marnus Rademeyer, Jahnno Lehmann, Gerry Gendall, Caeden Möller, Ben Burger, Stephen Tshimanga, Valera Breytenbach, Nkateko Phakula, Ewald Kirstein, Xavier Boikanyo, Bonga Nxumalo, Duard Deichman. Plaasvervangers: Yameka Mkize, Ibrahim Jimoh, Lusanda Mhlongo, Sam Hadebe, Tian Viljoen, Louis Jordaan, Kutloano Seabela, Ashwin Jones, Willem Fourie, Asande Kunene.
