News
Sakeman gearresteer vir beweerde kinderpornografie
’’n Bekende sakeman is gister gearresteer na aanleiding van beweerde kinderpornografie.
’n Sakeman van Middelburg het vroeër vandag in die Middelburg Landdroshof verskyn op klagtes wat verband hou met kinderpornografie.
Hy is gister by sy werksplek gearresteer.
Die sakeman se naam kan nie genoem word nie om die minderjarige kind te beskerm.
Hy bly in aanhouding en is die saak uitgestel na ’n latere datum vir formele borgaansoek.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
