News

Annette het stukkies van haarself gedeel

Hul ma se omgeehart sal hulle altyd onthou.

Simpatieboodskappe het die afgelope week van oral af ingestroom na die afsterwe van Annette Strydom, ’n raakvat lid van die Ouklip VLU.

Sy is op 26 September oorlede.

Die roudiens vind volgende Woensdag (8 Oktober) om 11:00 vanuit die NG Kerk, Kanonkop, plaas.

Annette se kinders bring hulde aan haar

Haar kinders, Riaan, Melanie en Anelle het ‘n spesiale huldeblyk vir hul ma geskryf:

“Met haar skitterende hart van goud het sy met ‘n glimlag vir almal tyd en plek gemaak. Sy het mense se lewens aangeraak met liefde en geluk deur stukkies van haarself te deel.
“Ons Ma, Ouma en vriendin vir almal, het Vrydag 26 September haar kop ter laaste neergelê na 71 jaar se volle lewenspad.
“Spesiale dank aan Hannes wat haar lewensvennoot was die laaste sewe jaar, sy was altyd dankbaar dat hy so goed was vir haar.
“Dank ook aan die Ouklip VLU. Sy sou aanstaande jaar haar 20 jaar balkie ontvang het.
“Haar toegewydheid in die gemeenskap was ‘n passie en het baie vreugde verskaf.
“Dankie aan almal, familie, vriende en kennisse vir elke boodskap en oproep in haar laaste tyd, sy het elke boodskap ontvang, al kon sy nie antwoord op alles nie.
“Dankie vir almal vir die boodskappe en oproepe na haar afsterwe, ons wat agterbly waardeer die ondersteuning opreg.
“Vir dié vir wie dit nie moontlik is om die roudiens by te woon nie sal daar aanlyn sessies gedeel word. Kyk gerus op Anelle en Melanie (Stanton) se Facebookblaaie vir besonderhede,
“Mag ons Ma in rus en vrede rus, haar siel en gemoed was sterk, maar ook tog in vrede en reg vir wat sou voorlê.”
‘n Onlangse foto van Annette Strydom saam met haar kinders, Melanie, Riaan en Anelle. Foto: Verskaf.
Melanie het ook die volgende boodskap gestuur: “Mamma, ek gaan nie bye sê nie, dis te finaal. I‘ll see you later. Till we meet again.”

Anelle het bygevoeg dat haar ma ‘n skittervrou was. “Sy was so ‘n omgeevrou wat alles vir ander gedoen het. Haar plek is leeg, maar haar legendariese nalatenskap gaan definitief voortleef in ander. Rus in vrede liefste Mamma.”

Melanie en Annelle saam met hul ma, Annette Strydom. Foto: Verskaf.

Vriendin stort haar hart uit

Annette se vriendin, Kathy Erichsen, het gesê dat sy ‘n huldeblyk skryf, “aan ‘n baie spesiale mens in my lewe. Annette vandat jy by Ouklip VLU aangesluit het, was jy nog altyd soos nog ‘n suksie in my lewe, die een met die baie geduld.

“Sy was nooit te besig om te luister nie.

“Annette was altyd goed op datum met haar werk, admin, kompetisie-artikels, verslae…sy was so ‘n perfeksionis.

“In haar het ek altyd die voorbeeld gesien van waardigheid en vroulikheid en sy kon so lekker lag met daardie spesiale glimlag. Ons sal haar almal so baie mis.

“Haar hart was wonderlik, sy het omgegee vir almal, en sy het die Here altyd haar eerste prioriteit gemaak. Haar kerk se mense het sy altyd gehelp en bygestaan tot en met hierdie jaar voor sy siek geword het.

“Ek sal altyd dankbaar wees vir die vriendskap wat ons gehad het en vir baie jare se ondersteuning. Ek en al jou Ouklip vriendinne gaan jou beslis mis.

“Vlieg hoog met die engele my vriendin!”

Annette was 19 jaar deel van die Oukliptak waar sy eers skakelbeampte was. In 2008 het sy die skakeltrofee ontvang. Sy was haar volle termyn voorsitter van die tak en is een jaar aangewys as voorsitter van die jaar by die konferensie.

  • Daar is ook ‘n huldeblyk in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button