News
Gebruik alternatiewe roetes tydens aankoms van matrikulante
Motoriste moet daarop let dat daar vanmiddag verkeersopeenhopings kan wees in Cowen Ntulistraat tydens die matrikulante van Middies se aankoms by hul matriekafskeid.
Hoërskool Middelburg se matriekafskeid is vanaand by die skool se kafeteria en gaan die matrieks inkom by OR Tambostraat, vanaf Cowen Ntulistraat.
Die matrieks gaan tussen 15:45 en 19:00 aankom en word Middelburgers gemaan om liewer alternatiewe roetes te gebruik vanmiddag, aangesien verkeer gaan ophoop in Cowen Ntulistraat.
Boonop sluit die skole en dit is einde van die maand.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
