News

Saggeaarde Chris was enig in sy soort

'n Geliefde inwoner wat bekend was in die dorp vir sy uitstekende bouwerk, is Sondag oorlede.

Net ‘n dag nadat Chris van der Walt sy 72ste verjaardag gevier het, is hy Sondag by sy huis in Cathedral Peakstraat in Aerorand aan kanker oorlede.

Rina Schutte, sy lewensmaat van die afgelope twee jaar, sê dit was sy wens om by sy huis by haar te sterf.

Middelburgers en Kranspoorters sal hom onthou vir die uitstekende bouwerk wat hy gedoen het in Middelburg en Kranspoort. Hy het jare vir sy broer, Dawid gewerk.

Rina vertel hoe lekker hulle saam gekamp het. “Ons het oral getoer met die karavaan vanaf die wildtuin tot by die Kaap.” Hul hondjie, Bellie, het oral saamgetoer.

Chris van der Walt en sy lewensmaat, Rina Schutte.

“Chris was die wonderlikste, nederigste, mees saggeaarde mens. Hy was enig in sy soort. Hy het nooit ‘n skewe woord vir my gesê nie.

Buiten Rina, word hy ook oorleef deur sy dogter, Anel, vier kleinkinders, broers Hendrik, Peet en Dawid, en susters Ansie en Minda.

Die begrafnis is Dinsdag, 7 Oktober om 10:00 uit die Corpus Christi gemeente.

Rina wil graag vir pastoor Janke du Plessis, wat saam met haar by Chris was tydens sy sterwensure en past. Leon Thiart (wat die diens gaan lei) van harte bedank vir hul ondersteuning. Spesiale dank gaan ook aan die span van Roseleigh Begrafnisdienste vir hul besondere meelewing.

“Dankie vir almal wat so lief was vir Chris en vir julle ondersteuning aan my in hierdie tyd. Ek waardeer dit.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button