Video: Middelburg egpaar ooggetuies van noodlottige ongeluk
'n Middelburgse egpaar was pas ooggetuies van 'n ongeluk naby die Ogies afrit op die N12.
‘n Egpaar het geskok toegekyk hoe ‘n silwer voertuig uitswaai, ‘n brug tref en rol nadat ‘n swart BMW met blou ligte rem getrap het reg voor hom in die vinnige baan.

“Dis verskriklik! Die BMW met die blou ligte het net aangehou ry!” het die vrou ontsteld uitgeroep.
Die egpaar (wat verkies om anoniem te bly) was vanaf Gauteng na Middelburg onderweg, toe die gebeure omstreeks 17:55 voor hulle op die N12 (naby die Ogies afrit) afgespeel het.
Die verkeer was druk en het hulle skielik opgemerk dat daar ‘n BMW ‘n paar voertuie voor hulle in die verkeer is.
“Die BMW se blou ligte was aan en het hy voor die silwer voertuig inbeweeg en skielik dood rem getrap! Die ander voertuig het uitgeswaai, die middelman van die brug getref en gerol. Die BMW het nie eers stadiger gery om te kyk wat gebeur het nie!”
@middelburgobserver Tragic crash on the N12 near Ogies offramp! A Middelburg couple witnessed a black BMW with blue lights cut off a silver car in the fast lane. The car swerved, hit a bridge, and rolled. The driver was flung out and died on the scene. N12Crash, BreakingNews, Middelburg, RoadSafety
Die vrou het toe die BMW die voertuig agterna sit, haar selfoon uitgehaal en alles begin afgeneem. Alhoewel die hele ongeluk nie op die videomateriaal is nie, kry ‘n mens die idee wat gebeur uit die egpaar se gesprek.
Die bestuurder van die voertuig is uitgeslinger terwyl dit gerol het.
Die egpaar het op die toneel gebly tot die polisie omstreeks 18:30 opgedaag het.
