News

Care Riders is die kilometer konings

Fourie trap twee keer Wonderfontein toe en terug.

Die konings van die kilometers is gekroon.

Middelburg se Care Riders het die afgelope maand soos besetenes hulle bergfietse getrap om VlokSkop en Toks en Tjops in die groot kilometer uitdaag te klop.

Die spanne neem later hierdie jaar aan die Munga-uitdaag deel en het getrap om te bepaal wie lê die meeste kilometers in September af.

Die uitdaag het Sondag geëindig met Care Riders op 19 189 kilometer, VlokSkopstigting 15 736 met Toks en Tjops 3 235km.

Die Care Riders se 14 trappers het gemiddeld 1371km afgelê, Vlok se span het beter gevaar met hulle 11 ryers wat gemiddeld 1431km  getrap het en Toks het afgetjop met 809km.

Nashua Care Riders het veral verlede week die speke laat sing met 2848km, teenoor VlokSkop se 2529km.

PC Nell het die meeste kilometers afgelê oor sewe weke met 2723km, gevolg deur Cobus Fourie 1902, Johan Odendaal 1732, Lukas van Rooyen 1710, Johan Moller 1580, Corné  Ferreira 1538 en Andre Brandmuller 1520.

Hoe gedetermineerd die Care Riders was om die uitdaag te wen, kan aan ysterman Cobus Fourie (68) se determinasie gesien word. Hy het verlede week twee keer Wonderfontein toe gery vir meer as 200 kilometer.

Brandmuller het gister na die uitslae bekend gemak is gesê fietsry was die wenner, maar ook kameraadskap, uithou en aanhou en op die einde gaan dit oor die Middelburg Care Village se kinders.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button