News

Kanonkop se soeklig het die hele dorp verlig

Inwoners in huise gedwing weens aandklokreël.

Stel jou dit voor; ’n reuse soeklig, wat sodra dit donker word, onheilspellend oor die dorp beweeg.

Dit was presies die geval tydens die Anglo-Boereoorlog in 1902.

Middelburg is oorgeneem deur Engelse soldate en as deel van die militêre gesag word ’n aandklokreël ingestel wat inwoners verbied om na donker op straat te wees.

As deel van die afdwing van die aandklokreël is ’n soeklig op ’n blokhuis by Kanonkop gemonteer, wat oor die dorp beweeg het.

Die soeklig is aangedryf  deur ’n kragparaffienopwekker en was besonder kragtig.

Kaptein Jack Hindon het beskryf dat die soeklig vir ongeveer ’n uur na sononder aangeskakel is en vir die hele nag oor die dorp gevee het.

Hindon het vertel dat die lig hulle verblind het gedurende nagtelike eskursies.

Die soeklig het ’n  reikafstand van ongeveer ses kilometer gehad.

Die Middelburg Erfenisvereniging is gasheer vir die nasionale simposium van die Suid-Afrikaanse Erfenisvereniging vanaf eerskomende Maandag 13 tot 16 Oktober by die Buiteklub.

Vir navrae of om die sipmosium by te woon, waar daar interessante onderwerpe hanteer gaan word,  soos onder andere die Kruger miljoene, skakel die sekretaresse, Soekie Rossouw, by 082 922 7498.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button