NewsSport

KYK: Biltong, boerewors en braai in Amerika…

Roos blom waar hy geplant is.

Draaiboek twee:

In Desember 2019 vertrek Louis Roos, sy vrou Mariaan en twee seuns Luan en Janru na Amerika.

Die Roos-gesin was geliefd op Middelburg.

Louis kaptein van Middelburg Rugbyklub se eerstespan en Mariaan onderwyseres by Laerskool Staatspresident CR Swart.

Hy kon hard speel en hard saam met die manne kuier.

’n Leier by uitstek wat al by Hoërskool Waterkloof sy rugby talente uitgestal het.

Hulle vestig aanvanklik in Kentucky maar bly deesdae in Pennsylvania.

Louis en sy vrou Mariaan by hul kinders Luan, Janru en Milla. Verskaf.

Maar hoe oorleef so volbloed boertjie in Amerika?

Hy begin sy antwoorde soos enige goed opgevoede boerseun sou:

“Ek hoop, glo en vertrou, dit gaan nog goed met Oom.”

Daar word gesê  jy moet blom waar jy geplant is en hierdie Roos doen dit behoorlik…

@middelburgobserver

Luan en Janru Roos sit die Amerikaners ore aan met voetbal. In hul vrye tyd leer hulle egter hul Amerikaanse maats hoe daar in Suid Afrikaanse rugby geduik word. Die gesin woon in Amerika, en die twee broers speel ook bofbal. Video: Louis Roos.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Daar word nog Afrikaans gepraat, Afrikaanse musiek geluister, gebraai, biltong gemaak en wat meer is, die Rose wys die Amerikaners wat doen jy met ’n bal.

Luan (12) en Janru (10) neem deel aan bofbal, baanatletiek,  basketbal, stoei en voetbal.

Hulle is tans besig voetbal wat ook hulle gunsteling sport  is.

In ’n berig word die twee boeties se lof besing:

“The Roos brothers ran with a punishing style all night. Defenders draped over them, again and again, only to see them shrug free and drive forward. Each carry turned into a fight for extra yards, and more often  than not it was the Roos boys breaking tackles and moving the chains.”

’n Berig wag die Roos boeties se lof besing. Verskaf.

Janru is bobaas op die stoeimat en het vir hom ’n  tweede plek  losgestoei in die staat.

Die twee was beide gekies vir die All Stars spanne in voetbal en bofbal en Luan was top 10 in die staat vir atletiek in die 100m, 200m en verspring.

“Voetbal is interessant maar tydrowend en daar is heeltemal te veel spelers in ’n span.”

Rugby bly steeds koning en wanneer maatjies kom kuier word daar groot duikslae in die agtererf gemaak.

Louis sit self nie stil nie en neem tans in die professionele klas “Pro 4×4” met sy veldmotorfiets deel, teen die land se vinnigste jaers.


Louis Roos is steeds kompeterend op sy veldmotorfiets. Foto: Verskaf.

Wanneer die gesin nie besig is op die sportvelde nie, maak hulle ’n verskil in Amerika se ekonomie.

“Ons het ’n powdercoating (poeierbedekking) en sandblasting (sandblaas) besigheid en het juis na Pennsylvania verhuis om nog ’n tak hier oop te maak.”

Tog slaan die heimweë deur: “Ons mis die rugby en ons vriende baie en ons mis ons mense se sin van humor. Die Amerikaners sukkel om ons grappies te vang.”

Die Suid-Afrikaanse manier van braai en biltong loop nog sterk in hulle are.

“Ons maak nog biltong vir elke Springbok wedstryd. Soms sit ons drie uur in die oggend en eet lekker biltong. Ons braai gereeld en maak boerewors en braai steaks oor die kole.”

Daar is intussen ’n sussie, Milla (2) in Amerika gebore.

Soos miljoene ander Suid-Afrikaners se verhaal kan die lewensgehalte nie vergelyk word met die land wat Suid-Afrika tans is nie, ’n misdaadnes van korrupsie, moord en verkragting.

“Ons is baie gelukkig en die kinders het mooi aangepas, hier kan hulle werklik kind wees en veilig groot word. Hulle speel tot laat aand buite en kan hulle goed buite los. Ons het nie eers sleutels vir ons huis nie en ek kan nie onthou wanneer laas het ek my kar gesluit nie.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button