News

Legendes slaags op die rugbyveld

Gaan Bismarck weer sy rugbystewels aantrek?

Gaan Bismarck du Plessis dalk weer sy rugbystewels nadertrek vir ’n laaste wedstryd in blou?

Of kan Conrad Breytenbach op sy “jeugdige” ouderdom dalk weer in die nommer nege trui gesien word?

Die Bulle se legendes span gaan herleef .

Die veteraan slot en afrigter, Nico Luus, is reeds besig om planne agter mekaar te kry, vir die Bulle se kragmeting teen die Cheetahs op 26 Oktober in Bloemfontein.

Die man wat altyd ’n plan het, Willem Strauss, is die dryfveer agter die span se herlewing.

Spelers van 35 jaar en ouer wat twee jaar laas mededingende rugby gespeel het, sal vir die span in aanmerking kom.

Die Vrystaters se afrigter, Frans Steyn, kan dalk self nog ’n paar jonger manne wys hoe moet jy rugby speel.

Strauss sê rugby is nie meer soos in die ou dae waar spelers na hulle professionele loopbaan by die spel betrokke bly nie. Indien hulle nie by afrigting betrokke is waar hulle betaal word nie, verdwyn hulle van die rugby landskap af.

Daar word gehoop dat die legendes langer by rugby betrokke sal hou.

Die wedstryd gaan direk op SuperSport uitgesaai nword.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button