
Carel Wedemeyer (73), ’n legende in motorfiets- en motorsportkringe, is Saterdag in die vroeë oggendure skielik oorlede.
Sy vrou, Anita, sê hy het sowat ’n week voor sy dood, by hul huis geval en kon nie weer opstaan nie. Hy is in die Life Midmed Hospitaal opgeneem, waar hy binne ’n paar dae al hoe meer slaperig geword het. Hy het weens ’n beroerte gesterf.
Die begrafnis is Vrydag om 11:00 uit die St Johns Presbiteriaanse Kerk.
- ’n Volledige huldeblyk sal in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer verskyn.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
