News

’n Boodskap vir Gerry, van Gerry

Pumas se jong span in nasionale eindstryd.

Saterdag wanneer die Puma o/21 span teen die Grens Bulldogs in die nasionale reeks se eindstryd uitdraf, gaan daar weer ’n spesiale boodskap vir Gerry Gendall wees.

Van sy seun Gerry… aan sy pa Gerry.

Gerry Gendall (senior) saam met sy seun Gerry en dogter Vlooi.

Gerry was ’n legende in Suidoos-Transvaal en het nie net in 13 wedstryde vir die provinsie uitgedraf nie, maar ook vir klubs soos Witbank Ferro, Ermelo, Groblersdal, Middelburg en Marble Hall.

Hy was ’n skeidsregter se nagmerrie.

Daar sal nie maklik ’n groter ondersteuner vir sy kinders wees as hy nie.

Hy het geleef vir sy seun se rugby en sy dogter Vlooi se netbal.

Sy ontydige dood in Junie verlede jaar, toe hy van trappe afgeval het by sy huis op Marble Hall, was ’n groot skok.

Gerry (53) het die Saterdag nog vir Loskop Rugbyklub uitgedraf en die aand omstreeks middernag met sy seun gesels.

Boek die tydgleuf. Illustrasie verskaf.

’n Huishulp het hom die volgende oggend gekry en hy is na die Groblersdal Hospitaal geneem, waar hy weens ’n ernstige breinbesering oorlede is.

Sedertdien sal jy die jong Gerry voor wedstryde sien waar hy op sy wit armband ’n boodskap vir sy pa skryf.

Hy speel soos sy pa losskakel.

Daar is nog ’n pa wat diep spore in rugby getrap het, wat die eindstryd met groot belangstelling gaan volg.

Conrad Breytenbach was nie net by Hoërskool Middelburg knap agter die skrum in die nommer nege trui nie, maar het onder andere 17 wedstryde vir die Pumas en Noord-Transvaal gespeel.

Sy seun Valera is in die nommer ses trui gekies vir die wedstryd.

Conrad Breytenbach en sy seun Valera.

Conrad, wat deesdae in die Kaap woon, sê hy kan nie die wedstryd bywoon nie, “maar is hart en siel daar”.

Die Pumas het die Griffons in die Skild halfeind geklop en die Grens Bulldogs het met die Boland afgereken.

Die kragmeting skop Saterdag om 13:00 by die Witrivier Rugbyklub af.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button