News

NEE! Net nie my braaier nie!

Dis ’n hartseer saak.

Mens kom nie tussen ’n man en sy braai nie.

Dit is duidelik uit WhatsApp boodskappe wat sirkuleer op plaaslike veiligheidsgroepe dat geen moeite ontsien sal word, deur ’n man wie se braaier gesteel is.

Daar word sedert gisteraand gesoek na ’n braaier.

Die eienaar sê die braaier was agter op sy bakkie toe dit verdwyn het.

Die braaier is tussen 18:00 en 19:00 gisteraand van die bakkie af gegaps.

Die bakkie was buite Battery Pro in Cowen Ntulistraat geparkeer.

Iemand moes iets gesien het want ’n dief met ’n braaier moet die aandag trek.

Indien jy iets gewaar het, skakel dan 083 569 1588.

Plaaslike pandwinkels en skrootmetaalwerwe word ook gevra om op die uitkyk te wees.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Check Also
Close
Back to top button