News

KYK: Kan ons regtig water so mors?

Om dit aan te meld was tot nou toe ’n mors van tyd.

Miljoene der miljoene liters water stroom al maandelank uit twee ernstige waterpyplekkasies.

DA raadslede San-Mari Wait en Elsie Vermooten het beide waterlekke in hul wyke, wat al tot vervelens toe aangemeld is, maar steeds water spoeg.

Vermooten sê daar is op verskeie pypbarste in die gesogte Roberts Landgoed afgekom, wat nou al meer as drie maande lank lek.

Die lekke is op die hoofpyplyding wat die Graspan-reservoir vul.

@middelburgobserver

Multiple water leaks on the main pipeline feeding the Graspan Reservoir in Middelburg, have been bleeding millions of litres of water for more than three months. At least three leaks were discovered during a site visit to the game camp of the estate yesterday. In Dam Street, there’s also a minor leak that has been spouting water for over three years.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Die munisipaliteit het gister ’n terreinbesoek gedoen, toe dit duidelik word dat die pyp nie net op een plek gate het nie, maar minstens drie.

Daar is onlangs ’n klamp om die pyp gesit om die lekkasie te stop.

Maar net nadat die pyp geklamp is, het hy op ander plekke gebars.

Vermooten sê dit karring nou al amper vier maande so aan.

DA raadslid Elsie Vermooten by ’n munisipale werker wat na die lekkasie by Roberts Landgoed gaan kyk het.

Die pyp is onderdeur Roberts Landgoed se wildskamp gelê en ongeveer vyf jaar gelede nuut vervang.

“Dis nuwe pype, maar ou probleme,” sê Vermooten.

Tydens die munisipaliteit se besoek gister saam Vermooten en DA provinsiale verteenwoordiger Bosman Grobler, is daar gesê dat die nodige toerusting bestel is, en dat die pyplyding hopelik teen einde volgende week herstel sal wees.

Vermooten sê dat inwoners aanhou kla oor vuil water, of lae drukking en las by dat die water wat uit die pyp spuit, silwerskoon is.

Raadslede en munisipale werkers kyk na wat gedoen kan word by Roberts Landgoed.

• In Wait se geval is die lekkasie op die hoek van John Magagula- en Damstraat al die afgelope vyf jaar gereeld aangemeld, maar is niks daaraan gedoen nie.

Inwoners kla van muskietplae wat hulle al die afgelope vyf jaar al teister weens die massas water.

Die taxi eienaars wat daar stop het ook nie gras onder hul voete laat groei om munt the slaan uit die gratis water nie.

Daar word gereeld gesien hoe water by die lek geskep word om minibussies te was.

Anders as die pyplek by Roberts wat ‘spuit’ is die Damstraat-lek opmerklik deur die welige plantegroei rondom die lek.

Die lekkasie in Damstraat wat al vyf jaar lank water mors.

Water sypel sonder stop by dié lekplek uit.

Wait sê dat daar gesê is dat die lekkasie weens ’n foutiewe klep veroorsaak word, en dat die nodige klep oorsee bestel sou word.

“Dis vyf jaar later, waar’s die klep?” vra Wait.

• Kanonkop gaan die afgelope ruk lelik gebuk onder pypbarste wat feitlik daagliks watertoevoer onderbreek.

• In Dennesig kla inwoners weer oor waterdruk.

• Navrae is aan die munisipaliteit gestuur.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button