Die Pumas het sy span bekend gemaak wat Saterdag in die o/21 Skild eindstryd speel.
Daar is drie gewese provinsiale spelers se seuns in die span.
Conrad Breytenbach wat vir die Bulle skrumskakel gespeel het se seun Valera is op flank gekies. Gerry Gendall se seun, ook Gerry, draf op losskakel uit en Frikkie Spanenberg wat vir die Bulle losskakel gespeel het se seun Divan draf op heelagter uit.
Die wedstryd teen die Grens Bulldogs begin om 13:00 by Witrivier Rugbyklub.
Pumas: Divan Spanenberg, Lian Jordaan, Tyran Moolman, Marnus Rademeyer, Jahno Lehmann, Gerry Gendall, Caeden Moller, Ewald Kirstein, Juandro Mostert, Valera Breytenbach, Nkateko Phakulka (k), Stephen Tshimanga, Xavier Boikanyo, Bonga Nxumalo, Eduard Deichman. Plaasvevangers: Yamkela Mkize, Ibrahim Jimoh, Lusanda Mhlongo, Samkelo Hadebe, Willem Fourie, Louis Jordaan, Kutloano Seabela, Ashwin Jones.
