News
Video: Trok ploeg deur sandput in Kranspoort
Een van die sandputte in Kranspoort het vanmiddag gekeer dat daar ’n trokongeluk plaasvind.
’n Trok het vanmiddag dwarsdeur een van die sanputte geploeg in Kranspoortpas.
Die trok het gelukkig net na die sandput tot stilstand gekom.
Motoriste is gewaarsku om versigtig te ry, aangesien van die sand gespat het tot in die rybane en saam met die deurdringende reën die pad seepglad maak.
@middelburgobserver Trok ploeg deur sandput in Kranspoort (N11), maar kom gelukkig veilig tot stilstand. N11, Kranspoort, StayAlive, Trucks, MiddelburgObserver
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
