Me. Ida Coetzee, die vrou van een van Middelburg se dorpsvaders, Pikkie Coetzee, is op is Woensdag, 1 Oktober rustig tuis oorlede.
Pikkie Coetzee het Middelburg Nissan op die been gebring en was ook oud-burgemeester en parlementslid.
Hy is op 29 Januarie 2007 oorlede.
Ida het tot haar afsterwe toe nog hier in Middelburg gewoon.
Sy is tuis oorlede op die ouderdom van 88-jaar.
Ida het haar tyd aan haar gesin gewy as huisvrou.

Sy was vir almal ’n voorbeeld van geloof, liefde en nederigheid, sê haar seun Pikkie.
Ida het die afgelope jare baie vreugde in haar kleinkinders en agterkleinkinders gevind.
“Haar hande het versorg en haar hart het gedra,” sê die familie.
Volgens Pikkie was sy ma se hand in die opvoeding van haar kleinkinders ’n seën.
“Sy was ons rots en ons gaan haar verskriklik mis,” sê Pikkie wat haar verder beskryf het as ‘n onselfsugtige siel, met ’n sagte gees.
Haar begrafnisdiens was Maandag in die APK gemeente.
- Me. Coetzee word oorleef deur haar kinders, kleinkinders en broer.
