News

Een agter tralies – Mid Alarms stuit vier inbrake en diefstalle

Mid Alarms se vangnet beskerm hele dorp.

Dit was ’n besige oggend vir Mid Alarms se reaksielede wat tussen middernag en 04:00 vanmore twee inbrake onderbreek het, ’n hekmotordief in sy spore gestuit het én ’n gesteelde sleepwaentjie terug gekry het met een verdagte wat vir die diefstal vasgetrap is.

• In die eerste voorval was Mid Alarms se reaksiemanne binne drie minute vandat ’n alarm by ’n Blyderivierstraat huis, Aerorand, geaktiveer is, op die toneel om ondersoek in te stel.

Daar het hulle gemerk dat inbrekers die huis se veiligheidsheinings geknip het, voordat hulle die veiligheidshek en voordeur oopgebreek het.
Met die inbraak is die alarm geaktiveer.

Die huis en die area rondom die huis is gefynkam vir verdagte persone, maar die boewe het gevlug en verdwyn.

Die stuk skrootmetaal wat gebruik is by die prokureursfirma inbraak.

• In die tweede voorval is daar by die kantore van die plaaslike prokureur, Leon van den Berg, ingebreek.

Die boef het ’n venster uit sy alluminiumraam gebreek en ’n stuk skrootyster gebruik om sy buit van ’n naby lessenaar af te trek.

Dis tans onduidelik wat presies gegaps is.

Met Mid Alarms se aankoms was die dief reeds weg.

Die ruit wat uit sy raam verwyder is.

• In die derde voorval is ’n hekmotordief in sy spore gestuit met deur Mid Alarms se blitsvinnige reaksiepsan.

Binne vier minute vandat ’n alarm en kamera by ’n Eikestraat huis in Kanonkop geaktiveer is, was Mid Alarms op die toneel.

Mid Alarms was egter te vinnig op die dief, wat toe met leë hande gevlug het.

Die alarm was aan die hekmotor self gekoppel, wat Mid Alarms meen almal moet doen om die vlaag hekmotordiefstalle te help stopsit.

Hulle kan inwoners daarmee help.

Die boosdoener het egter leë hade gevlug, en die hekmotor is aan die eienaar terug besorg.

• Laastens is een man gearresteer vir besit van vermoedelik gesteelde eiendom, met verdere klagtes soos inbraak wat later bygevoeg kan word.

Die verdagte moet nog in die hof verskyn.

Die bakkie waaraan die gesteelde sleepwa gehaak was.

Dit was te danke aan Mid Alarms se vinnige reaksie dat die eienaar met sy sleepwa herenig is.

Daar is in die vroeë oggendure by ’n huis in Dahliastraat, Kanonkop, by die motorhuis ingebreek, met die alarm wat geaktiveer is.

Daar het die inbrekers dadelik ’n sleepwa in die motorhuis aan hul Wit Toyota Hilux bakkie gehaak en daarmee die nag in verdwyn.

Die bakkie en sleepwa is kort na die diefstal op die N11 op pad in Loskopdam se rigting opgemerk deur Mid Alarms, wat reaksiespanne op talle strategiese plekke in die dorp ontplooi.

Die bakkie en sleepwa is gejaag tot waar dit skielik afgetrek en drie mans uitgespring en die veld ingevlug het.

Die bakkie het egter verder op die roete omgedraai en terug gery dorp se kant toe.

Hy is deur twee Mid Alarms voertuie agterna gesit.

’n Ontplooide span was toevallig besig om skofte te ruil, toe die bakkie met die sleepwa in hulle vasry met Mid Alarms kollegas agterna.

Die bakkie is ingehok en die drywer gearresteer.

Die verdagte is glo ’n bekende plaaslike besigheidsman met sy eie onderneming.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button