News

Lewensviering vir gewese Comrades goue medalje wenner

“Skoene is opsioneel”.

Die lewensviering van die gewese Comrades goue medalje wenner, Rudi du Plessis (56), word op 16 Oktober, om 13:00, in die peerboord op Kaapse Hoop gehou.

Hy is Woensdag by sy huis in die bergdorpie, vermoedelik aan ’n hartaanval, oorlede.

Voordat hy hom in die sakewêreld begeef het, was hy ’n onderwyser by Laerskool Middelburg.

Die laaste klompie jare het hy skopfietse uitverhuur waarmee hy en  besoekers die omgewing se skoonheid ontdek het.

Rudi het in die 1993 Comrades Marathon in die kleure van Ngodwana vyfde geëindig in ’n tyd van 5:52;21. In dieselfde wedloop was die gewese HTS Middelburg onderwyser, Deon Holtzhausen agtste in 5:52:29.

*Op die uitnodiging na die lewensviering staan daar “ bring asseblief ’n sambreel, kampstoel en piekniekkombers, skoene is opsioneel”.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button