News

Pa sterf minder as drie weke na sy seun

'n Man wat gesukkel het om sy seun se dood te verwerk, het 18 dae later gesterf.

Kobus van Staden (64) is Woensdag skielik oorlede en glo sy dogter dat haar broer se dood bygedra het tot sy dood.

Sylvia de Bruin sê haar pa het baie swaar gekry na haar broer, Werner (46), se dood op 20 September. “My broer se dood het hom hard getref. Werner se diens was op 29 September en die Maandag daarna het ons pa begin siek word.” Kobus het weens nierversaking gesterf.

Man with mustache who died recently.
Kobus van Staden is Woensdag oorlede. Foto: Verskaf.

Werner se dood was vir almal ‘n geweldige skok. Hy het skielik pyn ondervind en is opgeneem in die Medforum Mediclinic waar hy drie dae later oorlede is. Hulle wonder steeds wat die oorsaak was, maar glo dat die twee motorongelukke waarin hy betrokke was (15 Julie en 20 Augustus) ‘n bydraende faktor was.

Werner van Staden is op 20 September oorlede.

Kobus, wat sy hele lewe lank in Middelburg gebly het, was welbekend in die dorp. Hy het vir jare by die Spoorweg as klerk gewerk, daarna vir ‘n paar jaar by Columbus Stainless en toe by Bearing Man.

As sy dink aan haar pa, dan onthou sy altyd die pret as hy hulle vermaak het met sy mondfluitjie. “Ek dink die ergste was om saam met hom te luister na die Briels of die Grafsteensangers,” vertel sy met ‘n hartseer glimlag. “Toe ons kinders was, het ons pa ‘n platespelers gehad en dan moes ons drie kinders saamsing.”

Buiten sy dogter, word Kobus oorleef deur sy ander seun Tok, skoondogters Antonette en Ericka (Werner se vrou) en vyf kleindogters, Natalie, Elizma, Nicole, Minki en Meonè

‘n Roudiens word volgende Vrydag uit die PPK Lofdal Gemeente gehou. Die tyd sal later bevestig word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button