News

Top pos vir plaaslike predikant

Van Harare na Middelburg en nou op Kommissie.

Ds Colin Hertzog van die Hervormde Noord-gemeente op Middelburg is as vise-voorsitter op die Kommissie van die Algemene Kerkvergadering verkies.

Die Nederduitch Hervormde Kerke het in ’n verklaring gesê “dit is met blye gemoed dat die Kerk kan aankondig dat ds Hertzog tot die amp verkies is.”

Daar word verder gesê “die Kerk wens hom voorspoed toe vir die termyn wat voorlê soos hy leiding en ondersteuning bied op die Kommissie.”

Ds Hertzog is op 25 November 1993 gelegimiteer en op 16 Januarie 1994 georden.

Hy doen diens in die gemeente Harare in Zimbabwe sedert 1994. Hy sluit hom die Middelburg Hervormde-gemeente aan in 1999.

Vanaf 2002 is hy die leraar by die gemeente Middelburg Noord waar hy reuse werk doen.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button