News

Staaltjies en verhale onthou by 40 jaar reünie

Middies se matrieks van 1985 het 'n vrolike 40 jaar reünie gehou.

Dit is die jaar 1985…Groen en Rooi derby rugby op sy beste!

Tobie van den Bergh skryf daardie jaar in die Middelburg Observer dat ’n toetsatmosfeer geheers het tydens die wedstryd. “Die gegil en gejuig van die skare was genoeg om die spelers van albei spanne tot hulle laaste greintjie te laat veg!”

En dan die uitslag: “Dit was weer naelbyt, 13-12. Net een punt, een enkele punt het die verskil gemaak tussen Hoërskool Middelbug en Hoër Tegnies,” skryf Tobie.

“Dit was lanklaas dat die Rooies so naby gekom het aan ’n oorwinning en dit was lanklaas dat daar soveel naelbyt tot die einde was!”

Hierdie wedstryd was een van die besprekingspunte tydens die 40 jaar reünie van Hoërskool Middelburg se 1985 matrieks.

Daar was 204 matrieks daardie jaar in die skool, waarvan 173 opgespoor is. Altesaam 56 van dié oud-Middies het die naweek bygewoon en saam met hul gades was hulle ’n vrolike groep van 96 gaste.

Die bord wat opgesit is met die toe en nou foto’s daarop. Foto: Verskaf.

• Beide die hoofseun en -dogter, Dirk van Schalkwyk en Erika Pelser (Fourie) het die reünie bygewoon en Inge Lombaard, wat nou in die Verenigde Koninkryk woon, het ook saam kom kuier.

Die 1985 hoofdogter en -seun, Erika (Pelzer) Fourie en Dirk van Schalkwyk. Foto: Verskaf.
Inge Lombaard het opgedaag in Middie skoolklere toe die reünie die Vrydag afgeskop het. Foto: Verskaf.

• ’n Paar vriende wat in daardie jaar saam matriekafskeid toe was, het destyds ’n foto geneem en tydens die reünie wéér in presies dieselfde volgorde saam gestaan vir ’n foto!

Pieter Pretorius, Magna (Marnewick) Malan, Oubaas van der Linde, Erika (Pelzer) Fourie, Corrie (Meyer) Storm en Dirk van Schalkwyk tydens hul matriekafskeid in 1985. Foto: Verskaf.
Die groep vriende 40 jaar later saam in dieselfde volgorde. Pieter, Magna, Oubaas, Erika, Corrie en Dirk. Foto: Verskaf.

• Oor die naweek is daar nie net gekuier nie, maar was daar ook pret met ’n Vasvra-kompetisie oor hul matriekjaar. Hulle beplan om oor vyf jaar weer ’n reünie te hou en gaan hulle die hele tyd kontak behou.

Die manne kuier gesellig saam. Foto: Verskaf.
Cobus Fourie (Skollie) ontang sy prys vir die man met die minste hare van Erika Fourie en Dirk van Schalkwyk. Foto: Verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button