Die trokdrywer is uit die kajuit uit gesny. Die ongeluk het gebeur op die pad tussen Arnot en Hendrina.
Brandweerlede moes vanoggend ’n trokdrywer uit die kajuit van ’n trok sny na ’n ongeluk net buite Arnot op die Hendrinapad.
Die trok het die pad verlaat en omgeslaan. Foto: Verskaf.
Die trok ongeluk het omstreeks 06:00 plaasgevind. Na wat verneem word het die trok die pad verlaat en omgeslaan.
Met noodspanne se aankoms het hulle aanvanklik vermoed dat die drywer in die ongeluk gesterf het. Nadat die kajuit egter oopgesny is met die kake-van-lewe, het hulle die man lewendig binne gevind en hy is per ambulans hospitaal toe geneem.
Die pad was vir ’n rukkie gesluit om die trok uit te sleep. Foto: Verskaf.
Die pad is oop vir verkeer, maar is skoonmaakspanne nog besig om langs die pad op te ruim waar die trok omgeslaan en sy vrag steenkool verloor het.
Skoonmaakspanne is nog besig om op te ruim langs die pad waar ’n trok vroeër omgeslaan en sy vrag steenkool verloor het tussen Arnot en Hendrina. Foto: Verskaf.
Omtrent dieselfde tyd was daar ’n ongeluk op die Stoffbergpad waar ’n voertuig omgeslaan het op die Stoffbergpad. Die bestuurder van die Suzuki Swift het gelukkig nie ernstige beserings opgedoen nie.
Die bestuurder van die Suzuki Swift, wat omgeslaan het die Stoffbergpad, het gelukkig nie ernstige beserings opgedoen nie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express.
In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career.
As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.