Daar word gesoek na Chante Alberts, ‘n 16-jarige tiener wat haar huis op hul Elandslaagte plaas omstreeks 13:00 verlaat het.
Sy is nog nie weer gesien nie.
Volgens haar ma is sy steeds nie tuis nie.
Sy het ‘n ligteblou denim-broek aan met ‘n bruinerige hemp.
Chante het lang swart hare.
Sy was glo op pad om die perde te gaan oopmaak, maar het nie weer terug huistoe gekeer nie.
Indien iemand weet waar Chante is, kan hulle 060 747 6783 of 067 311 0921 skakel.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
