Die 16-jarige tiener Chante Alberts is gevind, en veilig.
Herculaas Taljaard van Community in Blue het haar opgespoor met die hulp van ‘n familievriend Landi Espach.
Tlajaard en Espach is nou op pad om die kind te gaan haal.
Hy het egter bevestig sy is veilig en dat hy ook met haar gepraat het.
Alberts het omstreeks 13:00 verdwyn op hul plaas op Elandslaagte.
Sy het vir die perde gaan oopmaak voordat sy verdwyn het, volgens haar ma.
Geen verdere inligting is gegee nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
