Ons dorp se hengelaars het nie net in damme in die omgewing nie, maar ook by damme by ander dorpe groot sukses behaal.
“Die kurpers het nou in die vlak water inbeweeg en hengelaars gaan in hierdie maand baie kurpers nog kan vang.”


Hulle het die kurpers op kunsaas gevang.

“Ons was baie besig en het vir die dag 30 visse gevang!” vertel hy. Hulle het nie tyd gehad om die visse te weeg nie.
Hulle het ook letterlik duisende karps gesien met die kuitseisoen (spawn) wat aan die gang is. Wayne het goedgunstliglik die video wat hy gemaak het van hul vangste en om te wys waar die karps in die vlak water speel, beskikbaar gestel vir publikasie.
@middelburgobserver Protea angler Wayne Naudé and his dad, Noddie, reeled in massive breams at Loskop Dam! Wayne also captured hundreds of carp spawning in the shallows, a real fishing paradise! Fishing, LoskopDam, CatchOfTheDay,MiddelburgObserver
• Christopher Naidoo het onlangs ‘n spekvet swartbaar van 4.1kg by die Middelburgdam uitgetrek.

• Net ‘n paar dae later vang Jacques Taljaard ook ‘n groot swartbaar van 4kg by die Middelburgdam.

• Eljana Kleingeldt het ‘n sak vol visse gevang by Witbankdam, waaronder drie swartbaars, twee karps van meer as 4kg en ook ‘n fris baber.

Haar seun, DJ de Bruyn het ‘n swartbaar van 1.5kg gevang, Nalisha Cronjé het ‘n karp van 4.27kg uitgetrek en Frikkie Janse van Rensburg het die familiekompetisie gewen met ‘n 6.76kg karp.



