Wie was die grootste skilder van alle tye?
Was dit Leonardo da Vinci? Pablo Picaso? Vincent van Gogh? Of was dit dalk Rembrandt van Rijn?
Of was dit dalk Iemand anders?
Iemand wat nie verf gebruik nie?
Middelburgers is die afgelope paar weke trakteer op asemrowende mooi natuurtonele.
Daar is bloedrooi wolke, silwer randjies, skakerings van oranje blou en swart.
En toe dit nag word het die maan sy bekende helder kleur soos ’n verkleurmannetjie verander wat bloedmaan genoem is.
Vanmiddag het Div de Villiers op die plaas Rietfontein, naby die weegbrug op die N4, een van die mooiste skilderye afgeneem.
Dit kan die titel dra van ‘Plaastoneel’ of dalk ‘God se skildery’.
Nee, dit is nie Kunsmatige Intelligensie nie, dit is uit die hemele, net soos die hemele kan skilder.
