News

Gemors? Nee, talentvolle jong mense wat vasgevang is in dwelmhel

Chainbreakers wil help om kettings van verslawing af te gooi.

“Ag los die gemors dat hulle vrek”.

Dit was die gevoellose opmerking op sosiale media van ’n inwoner wie se naam ons liewer nie noem nie.

Haar argwaan was teenoor dwelmverslaafdes.

Maklik om te praat as jy die dewelmhel vrygespring het.

Middelburg Observer joernaliste het dit  nie vrygespring nie.

Hulle is oor die jare toeskouers en rapporteerders van die diepste  pyn wat families en verslaafdes deurmaak.

Talle gesigloos want hulle is te skaam want die verslawing kleef aan hulle.

Talle se kinders dood.

Talle se kinders in die tronk.

’n Boetie het verlede week sy seer op sosiale media uitgestort oor sy pa wat kort-kort skaam moet hoor sy seun slaap weer iewers by ’n skool of kerk, sy seun is weer gearresteer.

Nie gemors soos die vrou hulle uitgemaaak het nie, talentvolle, dikwels intelligente kinders.

Mooi kinders wat een aand dronk geword het, dagga gerook het, ’n  pilletjie gesluk het om in te wees, wat oorgeslaan het na heroïne en toe blaas die draak vernietiging oor hom en sy familie in dik heroïnewolke.

Die Suid-Afrikaanse Narkotikaburo is deur die korrupte polisiemag gesluit en nou floreer dwelmhandelaars op die dorp.

Daar is ’n refrein wat uit alle oorde op Middelburg weerklink “die polisie is betrokke”.

“Waarom word die handelaars nie vasgevat nie?”

“Waarom vang hulle net verslaafdes met klein hoeveelhede dwelms?”

Die Middelburg Observer sal op die hoogste vlak antwoorde soek.

Die onbeheerde handel in dwelms op die dorp is ’n werklikheid.

’n Maand gelede berig die koerant oor die Oorwinnaars.huis waar dwelmverslaafdes gerehabiliteer is, wat gesluit het.

Ons voorspel “verwag dat al meer verslaaafdes op straat gaan staan sterf”.

Nie ’n sensasiesoekende voorspelling nie.

Nog ’n werklikheid.

Binne daardie week sterf ’n jong verslaafde op straat.

’n Paar weke later nog een.

Met die nuus dat die suksesvolle Hope Corner nie meer dwelmverslaafdes inneem nie, het die dwelmpandemie krisis afmetings aangeneem.

Daar is mense soos Elna Lewis van Chainbreakers wat haar lewe wei om verslaafdes te by te staan.

Nou bring Chainbreakers Brescia Bianco-Badenhorst op 29 Oktober na Middelburg wat oor die harde werklikhied van dwelmverslawing gaan praat.

Dit is gratis, word by Corpus Chisti aangebied en is ’n moet vir alle ouers en selfs kinders om by te woon.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button