News

Kar vasgedruk onder trokbak en steenkool, man klim lewendig uit

Omstanders het vanmiddag die ergste verwag toe 'n voertuig onder 'n trokbak vasgedruk is.

‘n Man het vanmiddag met sy lewe daarvan afgekom nadat ‘n trok se bak bo-op sy kar te lande gekom het.

David Ross (Ross Towing) kon nie glo dat die bestuurder van die blou Toyota Etios lewendig uit die voertuig kon klim nie.

Alhoewel die bestuurder van die Etios hospitaal toe geneem is weens snye en skrape, het hy op die toneel rondgeloop na die ongeluk, wat vir almal aanvanklik gelyk het of dit fataal kon wees.

Omstanders kon nie glo dat ‘n persoon lewendig uit die wrak kon klim nie. Foto: Verskaf.

Na wat verneem word het ‘n trok omstreeks 16:00 vanaf die N4 afgedraai by die Vandyksdrif-afrit. Die trokdrywer het hom klaarblyklik misgis met die afstand en kon nie vinnig genoeg tot stilstand kom nie.

Die trok het wyd uitgeswaai, maar meters verder omgeslaan.

In die proses is nog ‘n trok en ‘n Quantum bussie getref. Die Etios is onder die trokbak vasgedruk.

Die bestuurder van die Toyota Etios moes binne sekondes ‘n besluit neem want hy het alles sien gebeur, maar kon nie geepad nie.

Hy het later op die toneel vertel dat hy in daardie breukdeel van ‘n sekonde oorgespring het na die passasierskant, voordat die trokbak die kant van die karretjie platgevee het. Die steenkool het ook op die voertuig beland.

Motoriste in die omgewing het dadelik gestop en het gedink dat hy dalk in die ongeluk gesterf het.

Almal was verstom toe hy later tussen die steenkool uit die wrak uit klim.

Die Quantum bussie was gelukkig nie vasgedruk nie en het al die insittendes bykans ongedeerd uit die voertuig geklim.

‘n Quantum bussie is ook getref, maar die insittendes het gelukkig nie ernstige beserings opgedoen nie. Foto: Verskaf. (Registrasienommer is op versoek verwyder).

Die polisie en opruimingspanne is steeds op die toneel.

Die hele bestuurderskant van die Etios is platgevee met die trokbak wat daarop te lande gekom het. Foto: Verskaf. (Registrasienommer op versoek verwyder).

 

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button