News

KYK: Van kaalvoet Dennie na oester koningin

Lerentia wen algeheel in Suid-Kaap en verbeter roeterekord.

Die oester koningin!

Die klein dogtertjie van Laerskool Dennesig, Lerentia Swanepoel, wat elke jaar haar longe uitgehardloop het om die Oos-Transvaal span te haal, is Sondag gekroon as die oester koningin.

Lerentia, nou Strydom, het nie net die Oyster Catcher driedag veldwedloop die naweek gewen nie, maar was algeheel eerste met ’n nuwe rekordtyd van 4 ure en 33 minute oor die 46 kilometer.

Die asemrowende roete het van Suid-Afrika se mooiste natuurskoon  ingesluit, deur fynbos, langs die strand af en plekke soos St Blaize-staproete, Boggomsbaai en Vleesbaai.

Lerentia Swanepoel, nou Strydom, in die kleure van Laerskool Dennesig saam met Calinka en Tobie van den Bergh. Die CR Swart atleetjie se naam is nie bekend nie. Lerentia sê dit is waar alles vir haar begin het. Die foto is sowat 34 jaar gelede geneem.
Lerentia Swanepoel, nou Strydom, in die kleure van Laerskool Dennesig saam met Calinka en Tobie van den Bergh. Die CR Swart atleetjieis Tinalia Meiring. Lerentia sê dit is waar alles vir haar begin het. Die foto is sowat 34 jaar gelede geneem.

Van Laerskool Dennesig af en later Hoërskool Kanonkop, het die langbeen atleet se lewe ’n paar draaie gemaak.

Agt jaar gelede is sy en haar gesin, haar man Jakkie en die seuns Jeffrey en Colin sak en pak na Australië om ’n nuwe lewe te begin.

Jakkie was ’n sub kontrakteur wat hokkies geïnstalleer het by sportklubs, nuwe skole en parkies.

Lerentia het aanlyn fiksheidsklasse aangebied en moes weer leer pop speel, toe klein Megan gebore is.

Lerentia Strydom nadat sy die naweek se oyster catcher driedag veldwedloop gewen het.
Lerentia Strydom nadat sy die naweek se oyster catcher driedag veldwedloop gewen het.

Al het hulle Australiese burgers geword, was die verlange na familie, Suid-Afrika se natuurskoon en sonskyn weer ’n roepstem wat al harder geword het.

En wanneer jy eers die water van die Klein Olifantsrivier gedrink het, pas jy moeilik aan op ander plekke.  Lerentia sê reguit hulle het Middelburg se mense baie gemis.

Daar is ook meer geleenthede hier vir die jong Jeffrey (16) wat ’n opkomende tennisster is.

“Daar is baie ITF-toernooie in Afrika en Suid-Afrika, en my man reis hoofsaaklik saam met hom. Ek is meestal alleen en het die ondersteuning van familie en vriende nodig,” sê Lerentia.

@middelburgobserver

Former Middelburg resident and long distance athlete Lerentia Strydom taking part in the three-day Oyster Catcher indurance race, which she comfortably won. Lerentia now lives in Australia.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Behalwe vir die naweek se segetog in die Suid-Kaap was sy ook sewende in die Loskop Wild Challenge halfmarathon en het die Cara Cara 10km gewen.

Die gesin eet en slaap sport.

In die oggende is Lerentia ’n persoonlike afrigter en in die middae rig sy tennis af.

Die omgewing se aanloklike en onontginde natuurskoon, wat smeek om ontwikkel te word, kan dalk net ’n inspuiting kry, indien Lerentia se planne slaag.

Sy beplan om veldwedlope in die Vallei omgewing aan te bied en het reeds ’n afspraak met een van die land se voorste organiseerders.

Intussen floreer Jeffrey se tennisloopbaan.

Hy gaan binnekort in Egipte speel om sy plek op die junior ranglys te verbeter. Hy is tans 184ste in die wêreld vir onder 18 en top 20 in die wêreld in sy ouderdom, top 8 in Afrika onder 18 en top 6 in Australië onder 18.

Hy werk hard om in die top 100 in die wêreld te wees teen die einde van die jaar, wat sal help om die  junior grand slams te speel.

Hy gaan ook nou mans ITF’S toernooie begin speel. Sodra hy sy eerste hoofloting wedstryd wen, kry hy sy eerste ATP punt. Sy doel is om volgende jaar hierdie tyd sy eerste ATP wedstryd te speel.

In Australië is daar gevra of Jeffrey nie die volgende Lleyton Hewitt is nie.

’n Groot eer vir die jong Suid-Afrikaner.

Maar kan hy dalk die volgende Wayne Ferreira wees?

Net die tyd sal leer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button