News

Dogter verdwyn in Witbank onderdorp, ma rasend van kommer

’n Ma se ergste nagmerrie!

’n Negentienjarige vrou het in Emalahleni verdwyn, nadat haar ouers haar by die Witbank Hospitaal gehad het vir ’n breinskandering.

Daar word dringend gesoek na Kaitlin Coetzer.

Haar bekommerde ma Elize sê dat Kaitlin uit die voertuig gespring en weg gehardloop het.

Sy is 17:00 gistermiddag laas in die onderdorp in Emalahleni gesien.

Kaitlin dra ’n bril.

Sy het verdwyn met ’n pienk hemp met ’n roomkleurige ‘poncho’ oor haar hemp.

Sy is ook geklee in ’n donker lospassende broek met swart skoene.

Elize sê dat Kaitlin hospitaal toe geneem is vir ’n breinskandering nadat sy gevaarlike hoë bloeddruk ontwikkel het.

Sy lei ook aan maniese depressie.

Sy’s verder hardhorend en praat net Engels.

Kaitlin loop ook normaalweg vinnig.

Die gesin woon op Piet Retief en het spesiaal Emalahleni toe gery vir die hospitaalbesoek.

Elize sê hulle is steeds in Emalahleni op soek na Kaitlin, en dat haar gemoed nie tot ruste kan kom nie.

Dis vir haar vreemd dat haar kind nog nie gebel het nie.

Kaitlin moet op dié stadium baie paniekerig voorkom.

Die gemeenskap se hulp word gevra om haar op te spoor.

Daar was sprake dat sy in Middelburg gewaar is, maar dit was vals.

Indien jy weet waar Kaitlin is, skakel haar Ma Elize by 079 419 8828.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Check Also
Close
Back to top button