Maak seker jy vat jou troeteldier vir sy hondsdolheid inenting!
Troeteldier-eienaars moet onthou dat daar nog net drie dae oor is in die dorp om hul troeteldiere te laat inent.
Die Middelburg Staatsveearts bied ’n reeks inentingsveldtogte regoor die dorp en by nabygeleë kragstasies aan.
Selfs al is jou troeteldier voorheen ingeënt, beklemtoon veeartse die belangrikheid daarvan om hulle weer te bring vir die inspuiting, om ’n sterk immuunstelsel te kan handhaaf.

Maandag was die span by die Alzu Depot by die Mall en gister was hulle beskikbaar vir inentings by die Tosca-sentrum en Kanonkop Spar.

Die inentings word nog daagliks gedoen vanaf 09:00-15:00 by die volgende plekke:
22 Oktober (vandag): Midwater-sentrum (by Food Lovers se ingang naby die karwas) en Aerorand Friendly (naby Corpus Christi).
23 Oktober: OK Foods in Mineralia.
24 Oktober: Staatsveearts Middelburg-kantoor (langs die DBV).
Kragstasie-liggings (ook van 10:00–15:00):
28 Oktober: Komati Kragstasie by die Komati Gemeenskapsaal.
4 November: Pullenshope – parkeerarea langs vulstasie/Foodzone.
11 November: Arnot/Rietkuil – Rietkuil-dorpsaal.

Vir meer inligting, kontak James Erasmus, veeartsenykundige tegnikus by die Middelburg Staatsveeartsby 082 324 4059.
