News

Tsimba is terug – maar in blou

Bertie Powell was haker vir Middelburg Rugbyklub.

Kennedy Tsimba het 97 wedstryde vir die Cheetahs gespeel en 25 vir die Blou Bulle, maar Saterdag is hy weer terug in blou.

Hy is gekies vir die Bulle se legendes span wat  Saterdag in Bloemfontein teen die Vrystaat legendes speel.

Tsimba het ’n allemintige 1647 punte vir die Cheetahs aangeteken in sy roemryke loopbaan.

Nog ’n bekende gesig in die Bulle span is Bertie Powell wat lank ’n held was by Middelburg Rugbyklub waar hy op haker of langs die kant van die skrum gesak het.

Die gewilde agterspeler wat Loftus getroues se harte in sy speeldae gesteel het, Johan Mametsa, is ook gekies.

Die span word deur die oud Tukkie afrigter, Nico Luus, gebrei.

Die finale span sal uit die volgende spelers gekies word:

Voorspelers:

Corné Fourie, De La Rey du Preez, Bees Roux, Imile Keyser, Henco Heyser, Ian van Deventer, Bertie Powell, Louis van Biljon, Francois Uys, Mandla Mada, Jacques Roux, Sylvester Booysen, Hannes Ludick,  Francois Robbertse, Rassie van Vuuren.

Agterspelers:

Kennedy Tsimba, Pieter Botha, Tiaan Schoeman, Henk de Ridder, John Mametsa, Louis Fouché, Len Olivier, Gido Horn, Juan Nel, Deon de Kock, Anton Vlok, Kobus Wiese, Franco Booysen.

Die spanbestuurder is Frikkie Bosman.

Die kragmeting skop om 12:30 af en word op televisie gebeeldsend.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button