Volgende jaar is daar twee dae minder amptelike vakansiedae op die kalender!
Menseregtedag, 21 Maart 2026 én Welwillendheidsdag op 26 Desember val beide op Saterdae. Dus word die opvolgende Maandag as ’n algemene werksdag beskou.
Amptelike vakansiedae strek van Nuwejaarsdag op 1 Januarie en eindig op 26 Desember, met Welwillendheidsdag, alhoewel dié getal verskil van jaar tot jaar met ‘bonus’ vakansiedae, sportgebeure en verkiesings. ’n Voorbeeld hiervan was in 2023 gedurende die Rugby Wêreldbeker, waarna Presedent Cyril Ramaphosa, 15 Desember 2023 as ’n openbare vakansiedag verklaar het, omdat die Springbokke die beker huis toe gebring het.
• Let wel dat die verkiesingsdatums vir 2026 nog aangekondig moet word.
Die openbare vakansiedae vir 2026 is as volg:
1 Januarie: Nuwejaarsdag
21 Maart: Menseregtedag (val op Saterdag)
3 April: Goeie Vrydag
6 April: Gesinsdag
27 April: Vryheidsdag
1 Mei: Werkersdag
16 Junie: Jeugdag
9 Augustus: Nasionale Vrouedag (die volgende dag is die vakansiedag)
24 September: Erfenisdag
16 Desember: Versoeningsdag
25 Desember: Kersfees
26 Desember: Welwillendheidsdag (val op Saterdag)
