Swart naweek met verskeie sterftes op paaie
Die een na die ander ongeluk, waarvan die meeste noodlottig, het die naweek plaasgevind.
Sedert Vrydag het ten minste 12 mense in ongelukke gesterf.
Pas nadat ‘n storie gedeel is van ‘n noodlottige ongeluk buite Dullstroom waarin ses mense dood en agt beseer is, is daar laat weet dat daar nóg drie ongelukke vroeër vandag en vanaand was.
Die ongeluk op die R540 Dulstroom/Lydenburgpad het kort voor 14:00 plaasgevind.

Middelburgers het vanoggend laat weet dat hulle omgedraai het net buite Ermelo en Bethal oor moes huis toe kom, na ‘n ongeluk op die N11, Ermelo/Hendrinapad.

Dit was ‘n swart naweek met verskeie ander ongelukke ook waaroor die Observer berig het.
Noodlottige ongelukke
Vrydagaand het ‘n man gesterf in ‘n trompop botsing op die R555 (Stoffbergpad), Saterdag is drie vroue en ‘n kind dood op die N11 tussen Doornkop en die De Voetpadkloof afdraai en vanmiddag het vyf mans en ‘n vrou in die ongeluk in Dullstroom gesterf.

Ander ongelukke
Gistermiddag het ‘n voertuig op sy dak in die rivier beland op die Bethalpad, vanmiddag was daar weer ‘n ongeluk op die Stoffbergpad tussen ‘n trok en ‘n kar (geen ernstige beserings) en vanaand omstreeks 18:50 het ‘n voertuig in ‘n boom vasgery in Samora Machelstraat.

- Daar is pas verneem dat daar vanaand ook ‘n ongeluk was tussen Laersdrif en Roossenekal op die R555. Drie voertuie was betrokke en ‘n bees is ook getref. Motoriste wat gestop het om hulp te verleen, het laat weet dat daar nie ernstige beserings was nie.
