Kraaie gaap vandag, maar koeler res van die week
Vandag gaan ons uitbraai, maar dit gaan darem koeler wees res van die week.
Dit gaan vandag so warm wees dat die kraaie gaap, maar gelukkig koel dit later vandag en die res van die week af met reën wat voorspel word.
Volgens die weervoorspelling (Google Weather) begin die dag sommer warm op 18°C en styg die kwik tot by 29°C. Daar is ‘n 40% kans vir reën vanaf die laatoggend tot vanaand.
Dinsdag val die temperature na ‘n minimum van 14°C en ‘n maksimum van 24°C met weer ‘n 40% kans vir reën met ‘n redelike sterk wind van 19 km/p/h.
Woensdag sal dit die hele dag bewolk wees met ‘n minimum van 16°C en ‘n maksimum van 22°C en daar is ‘n 40% kans vir reën tussen 11:00 en 17:00.
Donderdag teen 12:00 behoort die son te verdwyn met ‘n minimum en maksimum van 13°C en 22°C en ‘n 50% kans vir reën en ‘n sterk wind van 21 kmp/h.
Vrydag is dit die hele dag bewolk met ‘n 70% kans vir reën, ‘n minimum van 14°C en ‘n maksimum van 21°C. Die wind gaan weer sterk waai teen 21 km/p/h.
Saterdag is ook ‘n bewolke dag, maar dit gaan ‘n lekker dag wees met ‘n minimum van 16°C en ‘n maksimum van 26°C, met ‘n 40% kans vir reën. Die wind is bietjie minder sterk op 16 km/p/h.
Sondag is dit weer koel met ‘n minimum van 14°C en ‘n maksimum van 24°C en ‘n 50% kans vir reën, met die wind wat weer sterk waai op 21 km/p/h.
- Stuur vir ons jou mooi foto’s en videos van die verskillende weersomstandighede (van wolke tot storms) in Middelburg na 072 248 3855.
