News

KYK: Trots van Pretoria wen in die skadu van ou Tafelberg

Strauss blom oor Naka Bulle se oorwinning.

In die skadu van Tafelberg het die trots van Pretoria Saterdag met een van die tradisierykste  Kaapse rugbyklubs afgereken.

Naka Bulle het hulle derde agtereenvolgende Gold Cup eindstryd gewen deur Villagers RC met 25-40 te klop.

@middelburgobserver

VIDEO 1 – The Naka Bulle ahead of the final Gold Cup match against the Villagers RC, with the Naka Bulle winning the match 25-40. Here the Naka Bulle is singing the national anthem before the first whistle.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Villagers is die oudste klub in Kaapstad en het sy ontstaan reeeds op 2 Junie 1876 gehad.

Daarom moet die Pretorianers se oorheersing in die eindstryd ’n pluimpie wees vir die belegging wat die Blou Bulle Rugby-unie in klubrugby maak.

Die dryfveer agter die herlewing van klubrugby in Pretoria is die president, Willem Strauss.

Die Naka Bulle span nadat hulle die Gold Cup gewen het.
Die Naka Bulle span nadat hulle die Gold Cup gewen het. Foto: Verskaf. 

Dit is geen wonder nie. want Strauss kom van ’n klubrugby agtergrond, toe hy bestuurder was van Suidoos-Transvaal Rugby-unie.

Dit was in die amateur dae toe provinsiale spanne nog uit klubgeledere gekies is.

Spanne soos Witbank, Ferrometals, Middelburg, Belfast, Nelspruit en Secunda, het daardie jare die hoeksteen gevorm van ’֦n sterk Suidoos span, wat selfs die Westelike Provinsie in ’n Lionbeker wedstryd geklop het.

@middelburgobserver

VIDEO 2 – The Naka Bulle after the final Gold Cup match against the Villagers RC, with the Naka Bulle winning the match 25-40. Here the Naka Bulle is celebrating their win after the final whistle.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Strauss het na Naka Bulle se oorwinning, gesê die Pretorianers is sekerlik die mees suksesvolle klub in diie geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby, sedert die spel in  1996 professioneel geword het.

Naka het die semi-finaal en die eindstryd weg van die huis gewen.

“Blou Bulle klubrugby is op ’n totaal ander vlak teenoor die res van die land.”

Die gewese HTS Middelburg voorry en kaptein, Jacques Muller, was Naka Bulle se voorspeler afrigter.

*Nog rugbynuus is dat die Bulle se legendes span met 25-22 teen die Vrystaat Cheetahs gewen het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button