News

Inwoners keelvol vir bourommel en boewe

’n Hoop bakstene op ’n leë erf is ’n steen des aanstoots vir SADC-straat inwoners.

Middelburgers is keelvol vir vervalle bourommel wat al lank skuiling vir misdadigers bied.

Moedelose inwoners pleit nou by die Steve Tshwete Munisipaliteit om in te tree nadat ’n privaat konstruksiemaatskappy glo weer ’n oop stuk grond se sypaadjie in SADC-straat gebruik om sy bourommel ‘onwettig’ te stort en te berg.

’n Inwoner van ’n meenthuiskompleks in SADC-straat vertel dat daar ’n ontwikkeling vroeg in 2024 op die oop erf begin is. Die bestaande gebou is platgestoot en is inwoners oorval met stof, geraas en bourommel.

Sedertdien het daar niks verder gebeur nie en staan die berg bakstene en bourommel steeds onaangeraak op die sypaadjie.

Daar word ook gesê dat die bakstene deur haweloses as ’n slaapskuiling en vir toiletgeriewe gebruik word. Nou en dan kom ‘leen’ boewe ook ’n paar bakstene.

“Die bourommel veroorsaak dat SADC-straat se inwoners onveilig voel!” is gesê.

Die berge bakstene en rommel wat op ‘n erf in SADC-straat geberg word. Foto’s: Verskaf.

• Volgens die bywette is die volgende maatreëls van toepassing op die stoor van vullis, afval en gevaarlike afval:

Niemand mag afval wat vir wegdoening bestem is op ’n perseel stoor nie, tensy die ingenieur toestemming verleen het.

Geen eienaar van ’n perseel mag hierdie rommel hou nie, tensy dit in ’n verseëlde, ondeurdringbare houer en voldoende maatreëls in plek is om te verhoed dat ongemagtigde persone daarmee kan peuter.

Die maatreëls is in plek gestel, juis om strate skoon en misdaadvry te hou. Ongelukkig word hierdie bywet net geïgnoreer.

’n Navraag oor die klagtes is aan die munisipaliteit gestuur, maar geen terugvoer is teen druktyd ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button