News

’n Verhaal wat elkeen moet hoor

Kennis is mag en vanaand kan jou vrae beantwoord word.

Wees daar!

Miskien het jy groen koring op die lande.

Dalk het jy ’n familielid wat verslaaf is aan dwelms.

Dalk is jy in die onderwys en soek na antwoorde.

Of miskien is jy een van die gesinne wat deur dwelmhel gaan.

Kennis is mag, veral wat dwelms aanbetref.

Middelburg is vasgevang in ’n dwelm pandemie met al meer verslaafdes wat op straat sterf.

Pastoor Jannie Jacobs se Oorwinnaars Huis het sy deure gesluit, Ayesha Snyman van Hope Corner is uit die dorp en tans veg Elna Lewis van Chain Breakers ’n verbete stryd teen die dwelmmonster wat die dorp oorweldig.

Sy is aan die voorpunt van vanaand (Woensdagaand) se byeenkoms by Corpus Christi Kerk, om 19:00, waar Brescia Bianco-Badenhorst haar lewensverhaal van verslawing gaan deel.

Maak seker jy is daar!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button