News
Man dood na bakkie heen en weer oor pad ry en versperring tref
’n Man is dood na ’n NP200 bakkie omstreeks 12:00 vandag heen en weer oor die N4 geswenk het en ’n versperring getref het.
Dit blyk dat ’n man ’n hartaanval gekry en hy beheer verloor het oor sy voertuig, waarna ’n versperring getref is naby die Arnot afrit op die N4 en die bakkie tot stilstand geruk het.
Omstanders het dadelik gestop en nadergehardloop, maar toe hulle by die NP200 bakkie kom, was die bestuurder van die voertuig reeds dood.
Een van die mense wat op die toneel was (wat anoniem wil bly) sê daar word vermoed dat die man ’n hartaanaanval gekry het. “Ons weet nie of hy gesterf het voor hy die versperring getref het of daarna nie.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
