News
Abnormale trokke ruk takke af in Proteastraat
Verkeer in Proteastraat is ontwrig nadat abnormale vragmotors boomtakke afgeruk het.
‘n Deel van Proteastraat was vroeër vanaand vir ‘n ruk onbegaanbaar met groot boomtakke wat in die pad gelê het.
Volgens Louwtjie Swart, van Louws Tow-In Services, is verskeie bome beskadig toe twee abnormale vragmotors onder lae takke deurbeweeg het.

Gebreekte takke en stompe het vir ’n geruime tyd verkeer belemmer. Louwtjie het egter ingespring en met sy eie bakkie die takke uit die pad gesleep.
Die pad is weer oop vir verkeer.
KYK: https://www.tiktok.com/@middelburgobserver/video/7568571295256841493?is_from_webapp=1&sender_device=pc&web_id=7394482200554554885
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
