News

Besigheidseienaar vra ‘wat help dit jy bel die polisie?’ na bedwelmde inbreker betrap is

Min vertroue in polisie, howe, rede hoekom inbreker deur besigheidsman laat gaan is.

’n Besigheidseienaar in Cowen Ntulistraat het bloot gevra wat help dit jy bel die polisie, more is hy net weer uit,’ nadat ’n inbreker gisteraand op sy besigheidsperseel deur Mid Alarms betrap is.

Die eiernaar het die besluit geneem om die inbreker te laat gaan.

Gelukkig was daar geen skade aan die besigheid aangerig nie, en is die man betrap voordat hy die besigheid kon inkom.

Volgens die besigheidsman was die inbreker so bedwelm dat geen sinvolle gesprek met hom gevoer kon word nie.

Die inbreker het agter die besigheid oor ’n muur geklim, en daarna op die dak van die besigheid.

Hy het aan die elektriese heining van die besigheid gekarring voor hy op die dak geklim het.

Weens sy onvaste voete het hy vinnig die besigheid se alarm laat loei.

Mid Alarms was binne vyf minute op die toneel waar die inbreker vasgetrap is.

Die besigheidsman is ook uit na die toneel waar die man aan hom oorhandig is deur Mid Alarms se reaksiemanne.

Die eienaar het egter besluit om die man te laat gaan, en geen saak gemaak nie.

Hy glo dat die inbreker net weer vrygelaat sou word.

Weens die feit dat die man vir geen misdaad aangekla is nie, word sy identiteit weerhou.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button