News

Fietsryer uit intensiewe sorgeenheid

Beseerde fietsryer het reeds twee operasies ondergaan.

Maggie Smit (42), het nog ’n lang herstelpad, nadat sy hard geval het tydens die RideJoburg-fietswedren deur die strate van Johannesburg.

Nadat sy Sondag, byna twee weke gelede, in die intensiewe sorgeenheid van die Netcare Garden City Hospitaal opgeneem is, is daar egter daagliks ’n verbetering in haar toestand.

Na twee operasies aan haar gesig, is die goeie nuus dat sy uit die intensiewe sorgeenheid na ’n algemene  saal oorgeplaas is.

Haar man, Johnny, wat ook voorsitter is van Middelburg Fietsryklub, sê “daar was meer werk aan haar neus as wat die dokter gedink het”.

Die afgelope paar dae is die gesin oorlaai met omgee en liefde, van mede-fietsryers van veral Middelburg Fietsryklub.

Maggie het hard geval, nadat sy oor ander fietsryers voor haar geploeg het. Sy is per ambulans na die Garden City Hospitaal afgevoer, nadat sy haar bewussyn op die  toneel verloor het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button