News
Middelburg fietsryer na byna twee weke uit hospitaal ontslaan
Beseerde fietsryer en man is verstom deur die Middelburg gemeenskap se ‘omgee’.
Maggie Smit is tuis!
Die fietsryer van Middelburg Fietsryklub wat byna twee weke gelede ernstig beseer is, na ’n harde val tydens die RideJoburg fietswedren oor 78km, Maggie Smit (42), is gistermiddag ontslaan.
Sy moet nou tuis aansterk, nadat sy geopereer is vir beserings aan haar neus en bolip.
Daar lê egter ’n lang herstelpad voor en sy moet weer Vrydag terug om die plastiese chirurg te sien, om die pleisters van haar neus en lip te verwyder.
“Die rit huis toe was maar baie ongemaklik en die pyn was nie lekker nie,” het haar man, Johnny, gesê.
Johnny sê sy vrou is oorweldig oor almal se omgee en liefde.
“Dit is wat haar positief hou.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
