News

Kar bars deur muur by Middelburg Hospitaal

'n Voertuig het vanoggend deur die Middelburg Hospitaal se muur gebars.

‘n Bejaarde man, wat behandeling ontvang het by die hospitaal, het per ongeluk die petrol getrap in plaas van die rem, waarna sy Landrover van binne die Middelburg Hospitaal se perseel deur die muur gery het.

Ladrover drives through Middelburg Hospital wall
Die toneel waar ’n Landrover deur die Middelburg Hospitaal se muur gery het. Foto: Verskaf.

David Ross, van die Traffic Alert-groep, is op die toneel en het vertel dat die voertuig met die impak op sy sy beland het.

Die man wat die voertuig bestuur het, is per ambulans weggeneem. Dit is op hierdie stadium onduidelik of hy na die Life Midmed Hospitaal of die Middelburg Hospitaal geneem is.

Landrover drives through Middelburg Hospital wall
Die Landrover het op sy sy beland nadat die man per ongeluk die petrol in plaas van die rem getrap het. Foto: Verskaf.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button