News
Video: Gaan loer in by Middelburg SAVF Tehuis se basaar!
Dit is ’n gewerskaf van ’n ander wêreld by die SAVF Tehuis vir hul jaarlikse basaar vandag wat 11:00 afgeskop het!
Maak seker jy gaan loer vanaf 11:00 in by die Middelburg SAVF Tehuis vir Bejaardes, want die tafels kreun onder alles waaraan jy kan dink by hul jaarlikse basaar.

Van babaskoentjies tot ander spognaadwerk, pannekoek, kerrie en rys en natuurlik allerlei eetgoed vir die soettand staan uitgepak vir ons gemeenskap!
@middelburgobserver Dit is die Middelburg SAVF Tehuis se basaar tot drie-uur vanmiddag (7 November) by die tehuis self! Die gemeenskap kan nie bekostig om dit mis te loop nie! Tobie van den Bergh het gaan inloer om almal op video te wys wat alles te koop is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
